Leviticus 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy wat gereinig moet word, moet sy klere was en al sy hare afskeer en hom in water was, sodat hy rein kan word; en daarna moet hy in die laer ingaan en sewe keer uit sy tent vertoef dae. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Die persone wat gereinig word, moet die reinigingseremonie voltooi deur hulle klere te was, al hulle hare af te skeer en in water te bad. Dan sal hulle rein wees en mag hulle weer na die kamp terugkeer. Hulle moet egter vir nog sewe dae buite hulle tente bly. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy wat gereinig moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en 'n bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly. |
| Afrikaans 1983 | Die persoon wat gereinig word, moet sy klere was, al sy hare afskeer en bad. Dan is hy rein en mag hy in die kampplek ingaan, maar hy moet nog 'n week buite sy tent bly. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die een wat hom wil laat reinig, moet sy klere was, al sy hare afskeer en homself met water afspoel. Hy is dan rein en mag daarna in die kamp kom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die persoon wat rein geword het, moet sy klere was en hy moet al sy hare afsny en homself was. Hy is dan rein en hy mag in die kamp kom, maar hy moet sewe dae lank buite sy tent bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die persoon wat terugkom, moet dan sy klere gaan was, al sy hare afskeer en self ook bad. Hy is dan weer aanvaarbaar en hy kan terugkom in die kamp by sy mense. Hy moet egter eers nog vir die volgende sewe dae buite sy tent bly. |