Leviticus 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet sewe maal op hom sprinkel wat van die melaatsheid gereinig moet word, en hy moet hom rein verklaar en die lewende voël in die oop veld laat los.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal ook van die dooie voël se bloed vat en sewe keer sprinkel oor die persoon wat gereinig moet word. Die priester sal dan die persoon rein verklaar. Aan die einde van die seremonie sal die priester die lewende voël vrylaat sodat dit in die oop veld kan wegvlieg.
Afrikaans 1933/1953 En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewe maal sprinkel en hom reinig, en die lewendige voël moet hy oor die oop veld laat wegvlieg.
Afrikaans 1983 Hy moet die water met die bloed in sewe maal sprinkel oor die persoon wat gereinig moet word van sy siekte en hom dan rein verklaar. Daarna moet hy die lewende voël in die veld loslaat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet die bloed sewe maal sprinkel oor die persoon wat hom van die velsiekte wil laat reinig en hom dan rein verklaar. Daarna moet hy die lewendige voël oor die oop veld loslaat.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy moet van die bloed en water sewe maal spat op die persoon wat hy moet reinig. Daarna moet die priester sê die persoon is rein, en die priester moet na die veld gaan, en hy moet die voël wat nog lewe, daar los.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy spat dit dan sewe keer teen die persoon wat terugkom sodat hy terugontvang kan word. Hy laat die voël wat bly leef, in die veld los dat dit kan wegvlieg.