Leviticus 14:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat die lewende voël betref, hy moet dit neem en die sederhout en die skarlakenrooi en die hisop, en hy moet dit en die lewende voël doop in die bloed van die voël wat oor die lopende water doodgemaak is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal dan die lewende voël saam met die stukkie sederhout, die rooi-pers lap en die hisoptakkie vat en in die bloed van die voël wat geslag is, dompel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die sederhout en die skarlakendraad en die hisop, en die en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet dan die lewende voël vat en hom saam met die stukkie sederhout, die bloedrooi garing en die hisoptakkie dompel in die bloed van die voël waarvan die kop afgesny is oor die bakkie vars water. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die lewendige voël moet hy neem, en die stukkie sederhout, die karmosynrooi toutjie en die marjoleintakkie saam met die lewendige voël doop in die bloed van die ander voël waarvan die kop oor vars water afgesny is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet die priester die voël neem wat nog lewe, en ook die stukkie sederhout, die rooi garing en die hisop-takkie, en hy moet dit druk in die bloed van die dooie voël. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy vat dan die ander voël en sit dit by die sederhout, die rooi garing en die hisoptakkie, en doop dit in die bloed van die eerste voël wat hy oor die bakkie met vars water geslag het. |