Leviticus 14:53 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar hy moet die lewende voël uit die stad in die oop veld laat gaan en vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sal hy die lewende voël in die oop veld buite die stad vrylaat. Op dié manier sal die priester versoening doen vir die huis en sal dit rein wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So moet hy dan vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees. |
| Afrikaans 1983 | Daarna moet hy die lewende voël buite die dorp loslaat in die oop veld. So doen die priester versoening vir die huis en word dit rein.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die lewendige voël moet hy buite die stad in die oop veld loslaat. So sal hy versoening doen vir die huis. Dit sal dan rein wees. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet hy die voël wat nog lewe, in die veld los. So moet hy versoening doen vir die huis. Die huis sal dan rein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die voël wat bly leef het, moet hy buite die dorp in die veld gaan loslaat om weg te vlieg. So herstel hy die huis en maak dat dit weer reg is om in te woon.” |