Leviticus 14:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet die huis reinig met die bloed van die voël en met die lopende water en met die lewende voël en met die sederhout en met die hisop en met die bloedrooi stowwe.
Afrikaans (NLV) 2011 Nadat hy die huis op dié manier gereinig het,
Afrikaans 1933/1953 So moet hy dan die huis ontsondig met die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlakendraad.
Afrikaans 1983 So moet hy die huis reinig met die bloed van die voël en die vars water en deur middel van die lewende voël, die stukkie sederhout, die hisoptakkie en die bloedrooi garing.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So moet hy die huis reinig met die bloed van die voël en die vars water, met die lewendige voël, die stukkie sederhout, die marjoleintakkie en die karmosynrooi toutjie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die bloed van die voël, en die water, en die voël wat nog lewe, en die sederhout en die hisop-takkie en die rooi garing gebruik om die huis te reinig.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So maak hy die huis dan weer bewoonbaar met die bloed van die voël, die vars water, die voël wat bly leef het, die stuk sederhout, die hisoptak en die rooi garing.