Leviticus 14:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die sederhout en die hisop en die skarlakenrooi en die lewende voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die lopende water doop en die huis sewe maal sprinkel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal dan die sederhout, die hisoptakkie, die rooi-pers lap en die lewende voël in die bloed van die voël wat geslag is, druk en die huis sewe keer besprinkel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlakendraad en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewe maal besprinkel. |
| Afrikaans 1983 | en dan die stukkie sederhout, die hisoptakkie, die bloedrooi garing en die lewende voël dompel in die vars water met die bloed van die voël waarvan die kop afgesny is. Hy moet die water met die bloed in sewe keer teen die huis sprinkel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet die stukkie sederhout, die marjoleintakkie, die karmosynrooi toutjie en die lewendige voël neem en dit doop in die vars water en die bloed van die voël waarvan die kop afgesny is. Hy moet dan die huis sewe keer besprinkel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hy die sederhout en die hisop-takkie en die rooi garing en die voël wat nog lewe, neem en hy moet dit alles in die bloed en water druk. Hy moet van die bloed en die water sewe maal spat teen die huis. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy vat die stuk sederhout, die hisoptak, die rooi garing en die ander voël en doop hulle in die bloed van die voël wat hy geslag het en in die vars water, en sprinkel daarvan sewe keer teen die huis se mure. |