Leviticus 14:48 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die priester inkom en dit bekyk, en kyk, die plaag het nie in die huis versprei nadat die huis gepleister is nie; dan moet die priester die huis rein verklaar, want die plaag is genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As die priester terugkom om inspeksie te doen en hy vind dat die swamme nie weer gegroei het nadat die nuwe pleister opgesit is nie, sal hy die huis rein verklaar aangesien die swamme duidelik weg is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die priester kom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nadat die huis gepleister is nie, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword. |
| Afrikaans 1983 | “As die priester egter vind dat die swamme nie weer gegroei het nadat die huis oorgepleister is nie, moet hy dit rein verklaar aangesien daar nie meer swamme is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “As die priester egter in die huis ingaan en dit ondersoek en vind dat die skimmelplaag, nadat die huis gepleister is, nie versprei het nie, moet hy die huis rein verklaar omdat die skimmelplaag opgeklaar het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hulle die huis reggemaak het, moet die priester kom kyk. As hy sien die swam het nie weer teen die huis se muur gegroei nie, moet die priester sê die huis is rein, want die swam is weg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “As die Here se dienaar weer kom inspeksie doen nadat die huis opnuut uitgepleister is, en hy sien dat daar nie meer mufkolle is nie, moet hy die mense toelaat om terug te trek in die huis in. |