Leviticus 14:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die huis afbreek, sy klippe en sy hout en al die pleisterwerk van die huis; en hy moet hulle uit die stad uitbring na 'n onrein plek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit moet afgebreek word en al die stene, houtwerk en pleister moet buitentoe gevat word na ’n plek wat as ’n onrein gebied aangedui is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op 'n onrein plek uitbring. |
| Afrikaans 1983 | Dit moet afgebreek word en die klippe, houtwerk en klei moet buite die dorp op 'n onrein plek gegooi word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die huis moet afgebreek word en die klippe, die hout en al die los grond van die huis moet buite die stad op 'n onrein plek weggegooi word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan moet hulle die hele huis afbreek en hulle moet die klippe en die klei weggooi op 'n onrein plek buite die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele huis moet afgebreek word. Die stene, die skrynwerk en al die pleister van die huis moet buitekant die dorp op die ashoop wat daarvoor eenkant gehou is, weggegooi word. |