Leviticus 14:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hulle moet ander klippe neem en dit in die plek van daardie klippe sit; en hy moet 'n ander pleister neem en die huis pleister. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ander stene moet gebring word om die stene wat verwyder is te vervang, en die mure moet oorgepleister word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister. |
| Afrikaans 1983 | Hulle moet dan ander klippe in die muur inbou en die hele huis oorpleister. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan moet hulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe inbou. Hulle moet ook ander klei neem en die huis daarmee pleister. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moet dan ander klippe in die muur sit en hulle moet ander klei neem en die mure weer regmaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ander stene moet in die plek van die ander ingemessel word en die huis se mure moet weer gepleister word. |