Leviticus 14:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe waarin die plaag is, wegneem, en hulle moet dit op 'n onrein plek buite die stad gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet die priester bevel gee dat die besmette stene verwyder word. Die besmette materiaal moet dan in ’n gebied buite die stad wat as onrein aangedui is, weggegooi word. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op 'n onrein plek gooi. |
| Afrikaans 1983 | moet die klippe waaraan die swamme is, uitgebreek word op bevel van die priester en buite die dorp op 'n onrein plek weggegooi word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet die priester opdrag gee dat die klippe waarop die skimmelplaag is, verwyder en buite die stad op 'n onrein plek weggegooi word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet die priester sê hulle moet die klippe waarop die swam is, uithaal en hulle moet dit weggooi op 'n onrein plek buite die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet hy opdrag gee dat al die stene waaraan dit sit, uit die mure uitgebreek moet word. Dit moet op die ashoop gegooi word wat spesiaal daarvoor buite die dorp uitgehou is. |