Leviticus 14:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die priester bevel gee om vir hom wat gereinig moet word, twee voëls lewendig en rein te neem, en sederhout en bloedrooi stowwe en hisop.
Afrikaans (NLV) 2011 sal hy ’n reinigingseremonie uitvoer. Die priester moet dit doen met twee eetbare wilde voëls, ’n stukkie sederhout, ’n rooi-pers lap en ’n hisoptakkie.
Afrikaans 1933/1953 moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlakendraad en hisop moet bring.
Afrikaans 1983 moet daar op bevel van die priester twee lewende rein voëls, 'n stukkie sederhout, bloedrooi garing en 'n hisoptakkie gebring word vir die persoon wat gereinig moet word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet hy opdrag gee dat twee lewendige rein voëls, 'n stukkie sederhout, 'n karmosynrooi toutjie en 'n marjoleintakkie gebring word vir die een wat hom wil laat reinig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die priester sê die persoon moet twee rein voëls bring wat lewe, en ook 'n stukkie sederhout, rooi garing en 'n hisop-takkie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet hy die volgende opdrag gee: daar moet vir die persoon wat kan terugkom, twee lewende voëls wat aanvaarbaar is vir die Here, ’n tak van ’n sederhoutboom, ’n stuk rooi garing en ’n hisoptakkie bymekaargemaak word.