Leviticus 14:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester beveel dat hulle die huis leegmaak voordat die priester daarin ingaan om die plaag te sien, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester ingaan om die huis te bekyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet die huis leegmaak voordat die priester die huis ondersoek, anders word alles in die huis onrein verklaar. Dan sal die priester ingaan en die huis ondersoek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester moet bevel gee dat hulle die huis ontruim, voordat die priester die plaag kom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk. |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet dan beveel dat die huis ontruim word voordat hy die swamme gaan ondersoek, anders word alles in die huis dalk onrein verklaar. Eers daarna kan hy die huis gaan ondersoek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet opdrag gee dat die huis ontruim word voordat hy daar ingaan om die skimmelplaag te ondersoek, om te verhoed dat alles wat in die huis is, onrein word. Daarna kan die priester ingaan om die huis te ondersoek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet dan sê hulle moet alles uit die huis neem voordat hy na die swam gaan kyk. Dan sal alles wat in die huis is, nie onrein word nie. Daarna moet die priester gaan kyk na die swam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar moet dan sê dat alles eers uit die huis uitgedra moet word voordat hy daarheen gaan om dit te bekyk. As hy dit nie dadelik laat doen nie, kan alles in die huis daarmee besmet raak. As dit gedoen is, kan hy gaan ondersoek instel in die huis. |