Leviticus 14:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat die huis besit, moet kom en dit aan die priester vertel en sê: Dit lyk vir my dat daar soos 'n plaag in die huis is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die eienaar van so ’n huis moet dan na die priester toe gaan en sê: ‘Dit lyk of my huis ’n soort swamsiekte het.’
Afrikaans 1933/1953 moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne gee en sê: Dit lyk my of daar 'n plaag in die huis is.
Afrikaans 1983 moet die eienaar van die huis vir die priester gaan sê: ‘Dit lyk my daar is 'n swamplaag in my huis.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) moet die persoon aan wie die huis behoort, kom en vir die priester sê, ‘Dit lyk vir my daar is 'n skimmelplaag in die huis.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die persoon kom aan wie die huis behoort, en hy moet vir die priester sê: ‘Ek sien daar is iets soos 'n swam teen my huis se mure.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet die eienaar van die huis vir God se dienaar gaan sê dat dit vir hom lyk of daar ’n plaag in sy huis is.