Leviticus 14:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer julle in die land Kanaän kom, wat Ek aan julle as 'n besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die land van julle besitting lê; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Wanneer julle aankom in Kanaän, die land wat Ek aan julle as ’n erfdeel gee, kan Ek sommige van julle huise met ’n besmetlike swam besmet. |
| Afrikaans 1933/1953 | As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in 'n huis van die land van julle besitting laat kom, |
| Afrikaans 1983 | “Julle gaan intrek in die land Kanaän wat Ek vir julle as besitting gee. As Ek dan swamme laat groei in een van die huise in die land wat julle sal besit, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Wanneer julle in Kanaän kom, die land wat Ek vir julle as besitting gaan gee, en Ek tref 'n huis in dié land van julle met 'n skimmelplaag, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Ek sal vir julle die land Kanaän gee om aan julle te behoort. Wanneer julle in die land kom en Ek laat 'n swam groei teen die mure van 'n huis in daardie land, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Ek gaan julle in die land Kanaän laat woon. Wanneer julle daar bly en Ek dit laat gebeur dat daar kolle teen die mure van julle huise uitslaan, |