Leviticus 14:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs wat hy kan kry, die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer; en die priester moet versoening doen vir hom wat gereinig moet word voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een is ’n sonde-offer en die ander is ’n hele brandoffer wat saam met die graanoffer gebring word. Op dié manier sal die priester in die teenwoordigheid van die Here versoening doen vir die persoon wat gereinig is. |
| Afrikaans 1933/1953 | die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | as 'n sondeoffer bring en die ander as 'n brandoffer saam met die graanoffer. So doen die priester versoening by die Here vir die persoon wat gereinig word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | een as 'n reinigingsoffer en die ander as 'n brandoffer, saam met die graanoffer. So doen die priester vir die persoon wat hom wil laat reinig versoening voor die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die een duif moet 'n sonde-offer wees en die ander duif moet 'n brand-offer wees saam met die koring-offer. Die priester moet voor die Here versoening doen vir die persoon wat hy moet reinig. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man mag dan weer voor die Here na sy tent kom en by sy volksgenote bly. |