Leviticus 14:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet van die olie wat in sy hand is aan die regteroorpunt van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand en op die groottoon van sy regtervoet, op die plek smeer van die bloed van die skuldoffer:
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan van die olyfolie in sy hand neem en dit aan die regteroorlel, die regterduim en die regtergroottoon smeer bo en behalwe die bloed van die skuldoffer.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die plek van die bloed van die skuldoffer.
Afrikaans 1983 Hy moet ook van die olie in sy handpalm bo-oor die skuldofferbloed smeer wat aan die regteroorlel, die duim en die groottoon van die persoon is wat gereinig word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet van die olyfolie wat in sy handpalm is aan die een wat hom wil laat reinig se regteroorlel, regterduim en regtergroottoon, bo-oor die bloed van die hersteloffer, smeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan moet die priester van die olyf-olie wat in sy hand is, smeer aan die persoon se regter-oor en sy regter-duim en sy regter-groottoon, hy moet dit smeer bo-oor die bloed van die skuld-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy vat ook van die olie in sy hand en smeer dit oor dieselfde plek waar hy die bloed vroeër aan die persoon se regteroor, sy regterduim en sy regtergroottoon gesmeer het.