Leviticus 14:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit aan die regteroorpunt van hom wat gereinig moet word, en aan die duim van sy regteroor smeer en hand en op die groottoon van sy regtervoet: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die priester die rammetjie slag as ’n skuldoffer. Hy sal van die bloed op die persoon se regteroorlel, die regterduim en regtergroottoon smeer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy die skuldofferlam slag, en die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet. |
| Afrikaans 1983 | Daarna moet die priester die skuldofferlam slag en van die bloed smeer aan die regteroorlel, die regterduim en die regtergroottoon van die persoon wat gereinig word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die man moet die jong ram vir die hersteloffer keelaf sny en die priester moet van die bloed van die hersteloffer neem en dit aan die een wat hom wil laat reinig se regteroorlel, regterduim en regtergroottoon smeer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna moet die priester die lam slag wat 'n skuld-offer is. Hy moet van die bloed neem en dit smeer aan die regter-oor van die persoon wat hy moet reinig, en ook aan sy regter-duim en sy regter-groottoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ná hy die rammetjie geslag het, moet hy die dier se bloed vat en aan die man se regteroor, sy regterduim en sy regtergroottoon smeer. |