Leviticus 14:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem, en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan die rammetjie met die olyfolie vir die skuldoffer neem en dit in die teenwoordigheid van die Here oplig as ’n offer vir Hom.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Afrikaans 1983 Die priester moet dan die skuldofferlam en die halwe liter olie as beweegoffer vir die Here aanbied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet die jong ram vir die hersteloffer en die log olyfolie neem en dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die lam en die log olie neem en hy moet dit heen en weer voor die Here beweeg om 'n beweeg-offer te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar moet dan die rammetjie wat vir die skuld geoffer word en die sesde liter olyfolie by hom vat en dit alles aan die Here gaan opdra.