Leviticus 14:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet dit op die agtste dag vir sy reiniging na die priester bring, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die agtste dag moet die persoon wat gereinig is die offers vir die priester bring sodat die reinigingseremonie voltooi kan word in die teenwoordigheid van die Here by die ingang van die tent van ontmoeting.
Afrikaans 1933/1953 Hy moet hulle dan op die agtste dag nsy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Hy moet dit op die agste dag van sy reiniging vir die priester bring na die ingang van die tent van ontmoeting toe, in die teenwoordigheid van die Here.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet dit op die agtste dag van sy reiniging na die priester bring by die ingang van die Tent van Ontmoeting, daar voor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die persoon moet dan die lam en die duiwe op die agste dag na die priester toe bring, die priester wat hom moet reinig, voor die Here, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy bring al hierdie goed op die agtste dag na die tent van ontmoeting toe waar die Here is sodat hy weer herstel kan word.