Leviticus 14:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die oorblyfsel van die olie wat in die priester se hand is, moet hy op die hoof van hom wat gereinig word, giet; en die priester moet vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans (NLV) 2011 Die olie wat in die priester se hand oorbly, sal hy dan oor die kop van die gesonde persoon uitgooi. Op dié manier sal die priester versoening bring in die teenwoordigheid van die Here vir die persoon wat gereinig word.
Afrikaans 1933/1953 Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Afrikaans 1983 Die priester smeer die res van die olie in sy handpalm aan die kop van die persoon wat gereinig word. So doen die priester versoening by die Here vir die persoon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die res van die olyfolie in die priester se handpalm moet hy aan die persoon wat hom wil laat reinig, se kop smeer en sodoende vir hom versoening doen voor die Here.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan die olie wat nog in sy hand oorgebly het, smeer aan die kop van die persoon wat hy moet reinig, en die priester moet voor die Here versoening doen vir die persoon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Die olie wat in sy hand oor is, gooi hy op die persoon se kop uit. So verbind die dienaar weer die man met God en sy volk.