Leviticus 14:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En van die res van die olie wat in sy hand is, moet die priester aan die regteroorpunt van hom wat gereinig moet word, en op die duim van sy regterhand en op die groottoon van sy regtervoet smeer, op die bloed van die skuldoffer:
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan van die olie in sy linkerhand aan die regteroorlel, die regterduim en die regtergroottoon van die gesonde persoon smeer, bo-oor die bloed van die skuldoffer.
Afrikaans 1933/1953 En van die orige olie wat in sy hand is, moet die priester stryk aan die regteroorlel van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo oor die bloed van die skuldoffer.
Afrikaans 1983 Die priester moet van die olie wat in sy handpalm oorbly, bo-oor die skuldofferbloed smeer wat aan die regteroorlel, die duim en die groottoon van die persoon is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van die olyfolie wat in sy handpalm oor is, moet die priester aan die persoon wat hom wil laat reinig se regteroorlel, regterduim en regtergroottoon, bo-oor die bloed van die hersteloffer, smeer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan van die olie wat in sy linker-hand is, smeer aan die regter-oor van die persoon wat hy moet reinig. Hy moet ook van die olie aan sy regter-duim en sy regter-groottoon smeer, bo-oor die bloed van die skuld-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van die olie wat in sy hand oor is, smeer hy bo-oor die bloed wat hy aan die man se regteroorlel, regterduim en regtergroottoon gesmeer het.