Leviticus 14:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet die lam slag op die plek waar hy die sondoffer en die brandoffer moet slag, in die heiligdom; want soos die sondoffer die priester s'n is, so is die skuldoffer: dit is hoogheilig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal dan die lam slag in die heilige gebied waar die skuldoffers en die brandoffers geslag word. Net soos met die sonde-offer, sal die skuldoffer vir die priester gegee word. Dit is ’n baie heilige offer.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.
Afrikaans 1983 Hy moet die lam slag op dieselfde plek waar die sondeoffer en die brandoffer geslag word, op die gewyde plek, want die skuldoffer is net soos die sondeoffer. Dit kom die priester toe, dit is 'n besondere gewyde gawe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die man moet die jong ram keelaf sny waar die •reinigingsoffer en die •brandoffer keelaf gesny word, op 'n heilige plek, want soos die reinigingsoffer, kom die hersteloffer die priester toe. Dit is besonder heilig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan die ram-lam slag op dieselfde plek waar hulle die diere vir die sonde-offer en die brand-offer slag. Hy moet dit op die gewyde plek slag, want die priester kry ook die sonde-offer en hy kry ook die skuld-offer. Dit is 'n hoog-gewyde offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy slag die rammetjie op dieselfde plek waar die ander offers vir die sonde verbrand word. Die dienaar mag self ook van hierdie offer eet, net soos hy ook ’n deel van die offer vir die sonde mag eet. Dit is vir God en sy dienaars by die altaar bedoel.