Leviticus 14:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet een lam neem en hom as skuldoffer en die log olie berei en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan een van die lammers en die olyfolie neem en dit as ’n skuldoffer offer deur die offer in die teenwoordigheid van die Here op te lig.
Afrikaans 1933/1953 En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Afrikaans 1983 Daarna moet die priester die een ramlam en die halwe liter olie as 'n skuldoffer bring; hy moet dit as 'n beweegoffer vir die Here aanbied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet een van die jong ramme neem en dit saam met die log olyfolie naderbring as 'n •hersteloffer. Hy moet dit voor die Here as 'n gewyde gawe heen en weer beweeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet dan een ram-lam neem en hy moet dit offer saam met die log olyf-olie. Dit is 'n skuld-offer, die priester moet dit heen en weer beweeg voor die Here, dit is 'n beweeg-offer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar vat een van die rammetjies en die olyfolie, en bring dit na die altaar om dit aan die Here op te dra as ’n offer vir die man se skuld by God.