Leviticus 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester wat hom reinig, moet die man wat gereinig moet word, en dié dinge voor die aangesig van die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die diensdoende priester sal die persoon saam met die offers in die teenwoordigheid van die Here bring om by die ingang van die tent van ontmoeting gereinig te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en die gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel. |
| Afrikaans 1983 | Die priester wat die reiniging doen, moet dan die persoon wat gereinig word, saam met sy offergawes bring na die ingang van die tent van ontmoeting toe, in die teenwoordigheid van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester wat die reiniging voltrek, moet die man wat hom wil laat reinig daarmee voor die Here laat staan by die ingang van die •Tent van Ontmoeting. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester wat die persoon moet reinig, moet dan die persoon en sy offers bring voor die Here by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die werker by die tent laat dan die man wat teruggekom het, saam met sy offer voor die Here by die ingang van die tent staan. |