Leviticus 14:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie tiendes fynmeel as spysoffer, gemeng met olie, en een log olie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die volgende dag, die agtste dag, moet elke persoon wat gesond geword het van die velsiekte, twee rammetjies en ’n jaaroud ooilam sonder enige liggaamsgebrek bring, saam met vyf liter uitgesoekte meel, gemeng met olyfolie en 300 milliliter olyfolie.
Afrikaans 1933/1953 En op die agtste dag moet hy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud ooilam sonder gebrek en drie tiendes van 'n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.
Afrikaans 1983 “Op die agste dag moet hy twee ramlammers en 'n jaaroud ooilam, almal sonder liggaamsgebrek, 'n graanoffer wat bestaan uit vyf kilogram meel wat met olyfolie aangemaak is, en 'n halwe liter olyfolie na die priester toe bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op die agtste dag moet hy twee jong ramme sonder gebrek en een jaaroud ooitjie sonder gebrek neem, asook 'n •graanoffer van drie tiendes van 'n efa gesifte meel wat met olyfolie gemeng is en een log olyfolie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op die agste dag moet hy twee ram-lammers en 'n jaaroud ooi-lam na die priester toe bring. Die lammers moet almal gesond wees. Hy moet ook 'n koring-offer bring, die offer is drie tiendes van 'n efa van die beste meel, en hy moet een log olyf-olie bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Op die agtste dag moet hy twee gesonde rammetjies en een jaaroud ooitjie vat waaraan daar niks is wat gebreklik is nie. Hy bring ook by die tent waar Hy aanbid word vir die Here ’n offer uit gemaalde graan van vyf kilogram meel wat met olie en een sesde liter olyfolie gemeng is.