Leviticus 13:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die priester sien dat die skurfte in die vel versprei, moet die priester hom onrein verklaar; dit is melaatsheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die priester opmerk dat die uitslag versprei het, moet hy die persoon onrein verklaar, want dan is dit ’n aansteeklike velsiekte. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sien die priester dat die uitslag in die vel versprei het, dan moet die priester hom onrein verklaar. Dit is melaatsheid. |
| Afrikaans 1983 | As die priester merk dat die uitslag versprei het, moet hy die persoon onrein verklaar. Dit is dan 'n velsiekte waardeur hy onrein gemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester hom ondersoek en vind dat die skurwe plek op die vel groter geword het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is velsiekte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet kyk, en as die skurwe plek op die vel groter geword het, dan is die persoon melaats, en die priester moet dan sê die persoon is onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As die dienaar sien dat dit oor die vel versprei het, moet hy die man uit die gemeenskap laat weggaan. Dit is dan ’n aansteeklike velsiekte. |