Leviticus 13:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die skurfte baie in die vel versprei het, nadat hy deur die priester vir sy reiniging gesien is, moet hy weer deur die priester gesien word.
Afrikaans (NLV) 2011 As die uitslag aanhou versprei ná die ondersoek van die priester, moet die besmette persoon terugkeer om weer ondersoek te word.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die uitslag werklik in die vel versprei nadat hy hom aan die priester vertoon het om rein te word, moet hy hom nog 'n keer aan die priester vertoon.
Afrikaans 1983 As die uitslag egter verder versprei nadat die priester hom ondersoek en rein verklaar het, moet hy weer na die priester toe gaan vir 'n ondersoek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die skurwe plek op die vel wel groter word nadat hy dit aan die priester getoon het om rein verklaar te word, moet hy hom weer aan die priester gaan toon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Maar as die skurwe plek groter geword het nadat die persoon by die priester was en as die priester gesê het dat hy rein is, dan moet die persoon weer na die priester toe kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die uitslag egter weer begin versprei nadat die dienaar by die tent van die Here dit bekyk het en hom gesond verklaar het, moet hy teruggaan na die dienaar toe.