Leviticus 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet hom weer op die sewende dag aanskou; en kyk, as die plaag ietwat donker is en die plaag nie in die vel versprei het nie, moet die priester hom rein verklaar; dit is maar 'n skurfte; en hy moet sy klere, en wees rein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester sal die vel dan weer op die sewende dag ondersoek. As die aangetaste deel beter geword en nie versprei het nie, sal die priester die persoon rein verklaar. Dit was dan net ’n tydelike uitslag. As die persoon sy klere gewas het, sal hy gereken word as vry van enige siekte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bekyk die priester hom dan op die sewende dag nog 'n keer en sien hy dat die aangetaste plek dof van kleur geword en die plek in die vel nie versprei het nie, dan moet die priester hom rein verklaar. Dit is 'n uitslag; en hy moet sy klere was, dan is hy rein. |
| Afrikaans 1983 | Op die sewende dag moet die priester die persoon dan weer ondersoek. As die ontsteking opgeklaar het en nie verder versprei het in die vel nie, moet die priester die persoon rein verklaar. Dit is dan 'n onskadelike uitslag. Nadat hy sy klere gewas het, sal hy rein wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester hom dan weer op die sewende dag ondersoek, en hy vind die aangetaste plek het dof geraak en het nie op die vel versprei nie, moet die priester hom rein verklaar. Dit is dan net 'n skurwe plek. Hy moet sy klere was, en dan is hy rein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet ná sewe dae weer na die persoon kyk, en as die seerplek dof is en dit het nie groter geword nie, dan moet die priester sê dit is 'n ander velsiekte, die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was, dan sal hy rein wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna moet hy hom weer ondersoek. As die uitslag verdwyn het en nie verder op die vel versprei het nie, moet die dienaar vir hom sê dat hy tussen die ander mense kan bly. Dit was ’n tydelike uitslag. Die man moet sy klere gaan was en met sy normale lewe aangaan. |