Leviticus 13:59 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit is die wet van die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne, of in die skeerdraad of inslag of enigiets van velle, om dit rein te verklaar of om dit onrein te verklaar.
Afrikaans (NLV) 2011 “Dit is die instruksie wat geld vir wol- of linneklere of materiaal of iets wat met leer gemaak is en wat met aansteeklike skimmel besmet is. Dit is hoe die priester sal bepaal of hierdie dinge rein of onrein is.”
Afrikaans 1933/1953 Dit is die wet oor die plaag van melaatsheid in 'n kledingstuk van wol of linne of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp, om dit rein of onrein te verklaar.
Afrikaans 1983 Die voorafgaande is die voorskrifte waarvolgens bepaal moet word of klere, garing en materiaal van wol of linne, en velartikels rein of onrein is wanneer daar skimmel op is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Dit is die voorskrifte oor hoe om iets wat met skimmel besmet is, 'n kledingstuk van wol of linne, die skering en inslag van weefwerk of enige leerartikel, rein of onrein te verklaar.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is wat moet gebeur wanneer daar kolle is op klere van wol of linne of op materiaal of op iets van wat van vel gemaak is. Die priester moet dan sê of dit rein of onrein is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Dit is dan die aanwysings vir muf op klere, in garing, of op materiaal van wol of linne en leerartikels om vas te stel of dit gedra kan word en of dit verbrand moet word.”