Leviticus 13:57 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as dit nog in die kleed verskyn, óf in die skeerdraad óf in die inslag of in enigiets van vel; dit is 'n verspreide plaag; jy moet dit waarin die plaag is, met vuur verbrand.
Afrikaans (NLV) 2011 As die kol weer na ’n ruk verskyn, is die skimmel duidelik aan die versprei en moet die besmette artikel verbrand word.
Afrikaans 1933/1953 Maar as dit nog in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in enige leervoorwerp gesien word, dan is dit 'n melaatsheid wat weer uitbreek; jy moet die aangetaste voorwerp met vuur verbrand.
Afrikaans 1983 As daar dan weer 'n kol verskyn, is dit 'n teken dat die skimmel nog daar is. So 'n artikel moet verbrand word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit egter weer verskyn op die kledingstuk, die skering en die inslag, of enige leerartikel, het dit hervat. Met vuur moet jy die artikel waarop die besmetting is, verbrand.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As daar dan weer kolle kom op die klere of die materiaal of op die ding van vel, dan moet die persoon dit verbrand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As daar weer ’n kol op die klere of in die garing, of die materiaal of die leer kom, het die muf weer begin groei. Die klere waarop dit voorkom, moet in die vuur verbrand word.