Leviticus 13:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En as die priester kyk, en kyk, die plaag is ietwat donker ná die wassing daarvan; dan moet hy dit skeur uit die kleed of uit die vel of uit die skeerdraad of uit die inslag. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As die priester sien dat die besmette deel ná die was verbleik het, moet hy die kol van die klere, die materiaal of die leer uitsny. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as die priester sien dat die plek, nadat dit gewas is, dof van kleur geword het, dan moet hy dit uit die kledingstuk of uit die vel of uit die skeerdraad of die inslag uitskeur. |
| Afrikaans 1983 | As die priester egter sien dat die kol dowwer van kleur is 'n week nadat die artikel gewas is, moet hy die kol uitskeur uit die kledingstuk, die vel, die garing of die materiaal. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as die priester dit ondersoek en vind dat die besmetting dof is nadat dit gewas is, moet hy dit uitskeur uit die kledingstuk, die leer of die skering en inslag. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar as die persoon dit gewas het, en die priester sien dat die kolle dof geword het, dan moet die priester die stuk waarop die kolle is, uitskeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy egter sien dat die mufkol ligter geword het nadat dit gewas is, moet hy die gedeelte waarop die mufkol is, uitskeur uit die klere, of die vel, of die garing, of die materiaal. |