Leviticus 13:55 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet die plaag bekyk nadat dit gewas is, en kyk, as die plaag nie van kleur verander het en die plaag nie versprei het nie; dit is onrein; jy moet dit met vuur verbrand; dit is binnekant, of dit kaal is van binne of buite. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan moet die priester dit weer ondersoek. As hy sien dat die besmette deel nie verander het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit nie verander nie, is dit nog onrein. Dit moet heeltemal verbrand word of dit nou aan die binne- of aan die buitekant besmet is. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die priester dan die aangetaste voorwerp bekyk, nadat dit gewas is, en sien dat die plek nog net so lyk, hoewel die plek nie versprei het nie, dan is dit onrein; jy moet dit met vuur verbrand. Dit is 'n invreting aan die agter of aan die voorkant. |
| Afrikaans 1983 | As die priester dan, nadat dit so behandel is, sien dat die kleur van die kol nie verander het nie, is dit onrein, ook al het die kol nie groter geword nie. Dit moet verbrand word. Dit maak nie saak of die bederfde plek aan die voor- of aan die agterkant is nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester die besmette artikel ondersoek nadat dit gewas is en hy vind dat die besmetting volgens sy waarneming nie verander het nie, is dit onrein, al het dit nie versprei nie. Met vuur moet jy dit verbrand. Dit is swambesmetting, of dit nou aan die voor- of agterkant is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die priester dan sien dat die kolle nie meer geword het nie maar dat dit nog dieselfde lyk, dan is die klere of materiaal of die ding van vel onrein, en hy moet sê dat die persoon dit moet verbrand. Dit maak nie saak of die kolle buite of binne op die klere of materiaal of die ding van vel was nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As hy daarna sien dat die muf nog steeds nie verdwyn het nadat dit gewas is nie, selfs al het dit ook nie meer geword nie, moet dit weggegooi word. Dit moet in die vuur verbrand word. Dit is heeltemal besmet, of dit nou net aan die bo- of net aan die onderkant is. |