Leviticus 13:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom moet hy daardie kleed verbrand, hetsy skeerdraad of inslag, van wol of in linne of enigiets van vel, waarin die plaag is, want dit is 'n kwellende melaatsheid; dit moet met vuur verbrand word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester moet die linne of wolklere of die stuk leer verbrand, want dit is besmet met ’n aansteeklike skimmel. Dit moet heeltemal verbrand word.
Afrikaans 1933/1953 Daarom moet hy die kledingstuk of die skeerdraad of die inslag van wol of van linne of enige leervoorwerp waarin die aangetaste plek is, verbrand; want dit is 'n kwaadaardige melaatsheid. Dit moet met vuur verbrand word.
Afrikaans 1983 Die ding waarop die kol skadelike skimmel is, die wol, linne of vel, moet sonder meer in die vuur gegooi en verbrand word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy moet die kledingstuk, die skering en inslag van wol of linnestof, of enige leerartikel waarop die besmetting is, verbrand omdat dit skadelike skimmel is. Met vuur moet dit verbrand word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet die klere of materiaal of die ding van vel verbrand, want dit is slegte skimmel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy moet die klere, of garing, of materiaal van wol of linne of leer waarop dit voorkom, in die vuur verbrand. Dit is gevaarlike muf.