Leviticus 13:51 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy moet die plaag op die sewende dag aanskou: as die plaag versprei is in die kleed, of in die skeerdraad of in die inslag of in 'n vel of in enige werk wat van vel gemaak is; die plaag is 'n kwellende melaatsheid; dit is onrein. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die sewende dag moet die priester dit weer ondersoek. As die besmette deel verder versprei het, is die materiaal duidelik besmet met ’n aansteeklike skimmel en is dit onrein. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet hy op die sewende dag die plek bekyk; as die plaag versprei het in die kledingstuk of in die skeerdraad of die inslag of in die vel, vir watter diens die vel ook al verwerk is, dan is die plaag 'n kwaadaardige melaatsheid; so iets is onrein. |
| Afrikaans 1983 | Op die sewende dag moet hy dit weer ondersoek. As die kol op die kledingstuk of garing of materiaal of velartikel groter geword het, is dit skadelike skimmel. Dit is onrein. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy moet op die sewende dag die besmette artikel ondersoek. Indien die besmetting versprei het op die kledingstuk, die skering en inslag of op die leer, waarvoor die leer ook al daagliks gebruik word, is die besmetting skadelike skimmel. Dit is onrein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As hy op die sewende dag sien die kolle het meer geword, dan is dit slegte skimmel, en die klere of materiaal of die ding van vel is onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die sewende dag moet hy dit gaan haal en weer daarna kyk. As die muf op die klere, of in die garing, of die materiaal, of op die ding wat van leer gemaak is, in daardie tyd meer geword het, is dit besmetlike muf. Dit moet verwyder word. |