Leviticus 13:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet hom op die sewende dag aanskou, en kyk, as die plaag in sy oë stilstaan en die plaag nie in die vel versprei het nie; dan moet die priester hom nog sewe dae lank opsluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die sewende dag sal die priester weer ’n ondersoek doen. As die aangetaste deel nie verander of verder versprei het nie, sal die priester die persoon vir nog sewe dae onder kwarantyn plaas. |
| Afrikaans 1933/1953 | As die priester hom op die sewende dag bekyk en sien dat die aangetaste plek, volgens hy kan sien, dieselfde gebly het, die plek nie in die vel versprei het nie, dan moet die priester hom nog 'n keer sewe dae lank opsluit. |
| Afrikaans 1983 | Op die sewende dag moet die priester die persoon weer ondersoek. As daar na die priester se mening geen verandering ingetree het nie en die ontsteking het nie versprei in die vel nie, moet hy die persoon nog 'n week afsonder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester hom op die sewende dag ondersoek, en hy vind dat die aangetaste plek volgens sy waarneming dieselfde gebly het en nie op die vel versprei het nie, moet die priester hom weer 'n keer sewe dae lank afsonder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet op die sewende dag weer na die persoon kyk, en as hy sien dat die seerplek op die vel nie groter geword het nie, dan moet hy die persoon nóg sewe dae toesluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy moet op die sewende dag weer daarna kyk. As dit vir hom lyk of dit net so gebly het en die uitslag nie verder op die vel versprei het nie, moet hy die man vir nog sewe dae laat eenkant bly. |