Leviticus 13:46 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die dae waarin die plaag in hom is, sal hy verontreinig word; hy is onrein; hy sal alleen woon; buitekant die laer sal sy woning wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So lank as wat die siekte aanhou, is hulle onrein en moet hulle buite die kamp in afsondering leef.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die tyd dat die plaag op hom is, sal hy onrein wees. Onrein is hy; alleen moet hy woon; buitekant die laer moet sy woning wees. |
| Afrikaans 1983 | Hy bly onrein solank hy die siekte het. Hy moet dan ook in afsondering lewe en buite die kampplek bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So lank as wat hy die velaandoening het, sal hy onrein wees; hy is onrein. Hy moet eenkant woon. Sy blyplek moet buite die kamp wees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy is onrein so lank soos hy die seerplek het. Hy moet alleen woon, buite die kamp.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | So lank as wat hy die velsiekte het, moet hy eenkant gaan bly. Hy moet alleen buitekant die kamp in sy eie blyplek bly.” |