Leviticus 13:45 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die melaatse op wie die plaag is, sy klere moet skeur en sy hoof bloot, en hy moet 'n bedekking op sy bolip sit en roep: Onrein, onrein.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mense wat aan enige aansteeklike velsiekte ly, moet hulle klere skeur en hulle hare laat los hang. Soos wat hulle van plek tot plek gaan, moet hulle hulle monde bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’
Afrikaans 1933/1953 Verder moet in die klere van die melaatse op wie die plaag is, skeure wees, en sy hare moet los hang; ook moet hy sy baard bedek en roep: Onrein, onrein!
Afrikaans 1983 “Iemand wat 'n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ‘Onrein! Onrein!’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Iemand wat velsiekte êrens aan hom het, se klere moet geskeur wees, sy hare moet los hang en hy moet sy snor bedek. ‘Onrein! Onrein!’ moet hy uitroep.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Iemand wat melaats is, moet sy klere skeur en hy moet sy hare los laat hang. Hy moet sy snor en sy baard toe hou en hy moet skree: ‘Ek is onrein! Ek is onrein!’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die persoon wat met die velsiekte aangetas is, moet stukkende klere dra en nie sy hare kam of was nie. Hy moet die onderkant van sy gesig met iets toemaak en uitroep: ‘Ek mag nie by ander mense bly nie, ek mag nie in aanraking kom met ander mense nie!’