Leviticus 13:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan moet die priester dit bekyk, en kyk, as die opkoms van die sweer wit rooierig is op sy bles of op sy bles, soos die melaatsheid in die vel van die vlees verskyn; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die priester moet hom ondersoek en as hy ’n swelsel ontdek rondom die rooi-wit seer, |
| Afrikaans 1933/1953 | As die priester dit bekyk en sien dat die swelsel van die aangetaste plek in die kaalte of in die bles rooierig wit is, wat lyk soos die melaatsheid van die vel van die vlees, |
| Afrikaans 1983 | Die priester moet die persoon dan ondersoek. As die simptome dieselfde is as dié van 'n velsiekte aan die lyf, wat 'n mens onrein maak, naamlik 'n rooierige swelsel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester hom ondersoek en vind dat die swelsel van die bleekrooi aangetaste plek op sy bles of kaal voorkop lyk soos velsiekte op die lyf, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet daarna kyk, en as hy sien die seerplek op die kaal kopvel is geswel en pienk soos wanneer die vel melaats is, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die dienaar moet dit ondersoek. As daar ’n rooierige uitslag op sy kop is wat soos ’n velsiekte lyk, |