Leviticus 13:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as daar in die kaalkop of kaalkop 'n wit rooierige sweer is; dit is 'n melaatsheid wat in sy kaalkop, of sy kaalkop, opgekom het.
Afrikaans (NLV) 2011 As daar egter ’n rooi-wit ontsteking op die voor- of agterkop ontstaan, is dit ’n aansteeklike velsiekte.
Afrikaans 1933/1953 Maar as daar in die kaalte of in die bles 'n rooierige wit plek is, dan is dit melaatsheid wat uitbreek in die kaalte of in die bles.
Afrikaans 1983 As daar egter 'n rooierige ontsteekte plek verskyn waar sy kop kaal raak, is dit 'n teken dat hy aan sy kopvel 'n velsiekte het wat hom dalk onrein maak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer daar egter op sy bles of kaal voorkop 'n bleekrooi aangetaste plek is, is dit dalk velsiekte wat op sy bles of kaal voorkop uitslaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as daar op die kaal kopvel 'n seerplek is wat pienk is, dan is dit miskien melaats.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer daar egter op sy kaal voorkop of agter op sy bles ’n rooierige uitslag verskyn, het hy ’n velsiekte op sy kop.