Leviticus 13:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan moet die priester kyk, en kyk, of die blink kolle in die vel van hulle vlees donkerwit is; dit is 'n sproetvlek wat in die vel groei; hy is skoon.
Afrikaans (NLV) 2011 moet die priester die aangetaste deel ondersoek. As die plek net bleek-wit lyk, is dit ’n skadelose veluitslag en is die persoon rein.
Afrikaans 1933/1953 en die priester sien dat daar dowwe wit vlekke in die vel van hulle vlees is, dan is dit gewone uitslag wat in die vel uitgebreek het; hy is rein.
Afrikaans 1983 moet die priester dit ondersoek. As die vlekke op die vel bleekwit vertoon, is dit gewone velverwitting waaraan die persoon ly. Hy is rein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en die priester dit ondersoek en vind dat daar op die vel dowwe wit ligte vlekke is, is dit velverwitting wat op die vel uitslaan. Die persoon is rein.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan moet die priester daarna kyk. As hy sien die wit vlekke is dof, dan is dit nie 'n ernstige velsiekte nie, die persoon is rein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) moet hy of sy na die tent toe gaan vir ’n ondersoek. As die uitslag baie lig van kleur is, is dit maar net onskadelike vlekke wat op die vel ontwikkel het. Die persoon is aanvaarbaar.