Leviticus 13:37 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die skurfte in sy oë is tydens 'n verblyf, en daar is swart hare daarin gegroei; die skurfte is genees, hy is rein; en die priester moet hom rein verklaar.
Afrikaans (NLV) 2011 As dit lyk of die infeksie nie meer versprei nie en swart hare begin groei op die aangetaste deel, het die infeksie gesond geword. Die priester sal dan die besmette persoon rein verklaar.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die skurfte, volgens hy kan sien, dieselfde gebly en swart hare daarop gegroei het, dan is die skurfte gesond. Hy is rein, en die priester moet hom rein verklaar.
Afrikaans 1983 As die priester later sien dat die skurfsiekte nie versprei het nie en dat daar gesonde hare op groei, is dit 'n teken dat die plek genees het en dat die persoon rein is. Die priester moet hom dan ook rein verklaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die uitslag volgens sy waarneming dieselfde gebly het en daar groei swart hare op, het die uitslag genees. Hy is rein en die priester moet hom rein verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die priester sien die seerplek het nie groter geword nie en daar het swart hare gegroei op die seerplek, dan is dit gesond. Die persoon is rein, en die priester moet sê die persoon is rein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hy egter besluit dat die uitslag opgehou het en begin gesond word, omdat daar geen swart haartjies uitgekom het nie, is die persoon reg en mag hy weer teruggaan na die ander mense toe.