Leviticus 13:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op die sewende dag moet die priester die skurfte bekyk, en kyk, as die skurfte nie in die vel versprei is nie en nie dieper as die vel in sig is nie; dan moet die priester hom rein verklaar; en hy moet sy klere was en rein wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy moet dan die infeksie weer op die sewende dag ondersoek. As dit nie versprei het nie en dit lyk nie na iets meer as net veldiep nie, moet die priester die persoon rein verklaar. Nadat sy klere gewas is, sal hy rein wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bekyk die priester dan die skurfte op die sewende dag en sien hy dat die skurfte nie in die vel versprei het nie en dit nie dieper as die vel lyk nie, dan moet die priester hom rein verklaar. En hy moet sy klere was en sal rein wees. |
| Afrikaans 1983 | Op die sewende dag moet die priester die skurfsiekte weer ondersoek. As dit nie versprei het in die vel nie en dit lyk nie dieper as die vel nie, moet die priester die persoon rein verklaar. Nadat hy sy klere gewas het, sal hy rein wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | As die priester die persoon met die uitslag op die sewende dag ondersoek en vind dat die uitslag nie in die vel versprei het nie en nie dieper as die vel lê nie, moet die priester hom rein verklaar. Hy moet sy klere was. Dan is hy rein. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | As die priester op die sewende dag weer na die seerplek kyk, en die seerplek het nie groter geword nie en die seerplek is nie dieper as die vel nie, dan moet die priester sê die persoon is rein. Die persoon moet sy klere was. Hy is rein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die sewende dag bekyk hy weer die veluitslag en as dit nie verder oor die vel versprei het nie en dit nog steeds nie dieper as die vel lyk nie, verklaar hy dat die persoon aanvaarbaar is. Die persoon gaan was sy klere en gaan weer terug na sy huis. |