Leviticus 13:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy sal geskeer word, maar die skurfte mag hy nie skeer nie; en die priester moet hom met die skurfte nog sewe dae lank toesluit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet die besmette persoon alle hare afskeer, behalwe die hare op die aangetaste gedeeltes. Die priester moet dan die persoon vir nog sewe dae onder kwarantyn plaas. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan moet die persoon hom skeer, maar die skurwe plek moet hy nie skeer nie, en die priester moet die skurwe persoon nog 'n keer sewe dae lank opsluit. |
| Afrikaans 1983 | moet al die hare afgeskeer word behalwe dié waar die skurfsiekte is. Daarna moet die priester die persoon nog 'n week afsonder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | moet die persoon hom skeer. Die plek waar die uitslag is, moet hy egter nie skeer nie. Die priester moet die persoon met die uitslag dan weer sewe dae lank afsonder. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | dan moet die persoon sy hare en sy baard afskeer, maar hy moenie die hare in die seerplek afskeer nie. Die priester moet die persoon dan weer sewe dae lank toesluit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | moet die persoon se hare afgeskeer word. Die hare in die aangetaste deel moet egter net so bly. Die dienaar sonder die persoon vir nog sewe dae af. |