Leviticus 13:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op die sewende dag moet die priester die plaag bekyk, en kyk, as die skurfte nie versprei het nie en daar geen geel hare daarin is nie, en die skurfte nie dieper as die vel in sig is nie;
Afrikaans (NLV) 2011 As die aangetaste deel nie versprei het nie, daar nie geel hare verskyn het nie, en as die infeksie nie lyk na iets meer as net veldiep nie,
Afrikaans 1933/1953 Bekyk die priester dan op die sewende dag die aangetaste plek en sien hy dat die skurfte nie versprei het nie, en daar geen geel hare op is nie, en die skurfte nie dieper lyk as die vel nie,
Afrikaans 1983 Op die sewende dag moet die priester weer die seerplek ondersoek. As die skurfsiekte nie versprei het nie, die hare daarop nie geel is nie en dit nie dieper lyk as die vel nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die priester die aangetaste persoon op die sewende dag ondersoek en vind die uitslag het nie versprei nie, daar is nie geel hare op nie en die uitslag lê nie dieper as die vel nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet op die sewende dag weer kyk. As die seerplek nie groter geword het nie, en daar is nie geel hare in die seerplek nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hy weer op die sewende dag na die uitslag kyk en dit nie lyk of dit versprei het nie, die hare daarin nie koperkleurig geword het nie en dit nie dieper as die vel geword het nie,