Leviticus 13:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die priester die plaag van die skurfte sien en kyk, dit is nie dieper as die vel in sig nie, en daar is geen swart hare in nie; dan moet die priester hom wat die plaag van die skurfte het, sewe dae lank toesluit.
Afrikaans (NLV) 2011 As die priester se ondersoek egter wys dat die ontsteking net veldiep is sonder enige swart hare op die aangetaste deel, moet so ’n persoon onder kwarantyn geplaas word vir sewe dae.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die priester die plaag van skurfte bekyk en sien dat dit nie dieper as die vel lyk nie, en daar geen swart hare op is nie, dan moet die priester die deur skurfte aangetaste persoon sewe dae lank opsluit.
Afrikaans 1983 As die priester egter sien dat die skurfsiekte nie dieper is as die vel nie, maar dat die hare daarop tog nie 'n gesonde kleur het nie, moet hy die persoon met die skurfsiekte 'n week lank afsonder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar indien die priester die aangetaste plek van die uitslag ondersoek en hy vind dit lê nie dieper as die vel nie en daar is nie swart hare op nie, moet die priester die aangetaste persoon met die uitslag sewe dae lank afsonder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar as die priester na die seerplek kyk, en dit lyk of die seerplek nie dieper is as die vel nie, maar daar is nie swart hare in die seerplek nie, dan moet die priester die persoon wat die seerplek het, sewe dae lank toesluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hy die veluitslag ondersoek en dit lyk vir hom of dit nie dieper as die vel is nie en daar is nie swart haartjies in die wond nie, moet hy die geval met die velaandoening vir sewe dae in isolasie plaas.