Leviticus 13:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal die priester die plaag sien, en kyk, as dit dieper as die vel in sig is; en daarin is 'n geel dun haar; dan moet die priester hom onrein verklaar: dit is 'n droë skurfte, 'n melaatsheid op die kop of baard. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | moet die priester die ontsteking ondersoek. As dit lyk na iets meer as net veldiep, en fyn, geel hare word op die aangetaste deel gevind, moet die priester so ’n persoon onrein verklaar. Die ontsteking is ’n aansteeklike velsiekte van die kop of ken. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die priester die plek bekyk en sien dat dit dieper lyk as die vel, en daar geel dun hare op is, dan moet die priester hom onrein verklaar; dit is skurfte, dit is melaatsheid van die hoof of van die baard. |
| Afrikaans 1983 | moet die priester dit ondersoek. As dit lyk of die kwaad dieper is as die vel en as die hare daarop geel en donserig is, moet die priester die persoon onrein verklaar. Dit is 'n skurfsiekte, 'n velsiekte aan die kop of gesig, waardeur die persoon onrein gemaak word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die priester ondersoek die aangetaste plek en vind dat dit dieper lyk as die vel, en dat daar geel, dun hare op is, moet die priester die persoon onrein verklaar. Dit is 'n uitslag, velsiekte van die kop of baard. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet kyk na die seerplek, en as die seerplek dieper is as die vel, en daar is geel, fyn haartjies op die seerplek, dan moet die priester sê die persoon is onrein. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en dit vir die dienaar lyk of dit dieper as die vel is en daar koperkleurige dun haartjies in die wond is, moet hy die persoon wegstuur. Dit is ’n kwaai velsiekte van die kop of die ken. |