Leviticus 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die priester moet die plaag in die vel van die vlees bekyk; en as die hare op die plaag wit geword het en die plaag in sig dieper as die vel van sy vlees is, is dit 'n plaag van melaatsheid; en die priester sal hom aanskou en hom onrein verklaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die priester sal dan die aangetaste deel van die vel van die persoon ondersoek. As die hare op die aangetaste deel wit geword het en dit lyk na iets dieper as die vel, dan is dit ’n aansteeklike velsiekte en moet die priester die persoon onrein verklaar.
Afrikaans 1933/1953 en die priester moet na die aangetaste plek in die vel van die vlees kyk. Het die hare op die plek wit geword, en lyk dit of die plek dieper is as die vel van sy vlees, dan is dit die plaag van melaatsheid. As die priester dit sien, moet hy hom onrein verklaar.
Afrikaans 1983 Die priester moet dan die seerplek ondersoek. As die hare daarop wit geword het en dit lyk of die ontsteking dieper is as die vel, is dit 'n velsiekte waardeur die persoon onrein gemaak word. Die priester wat dit ondersoek het, moet dan die persoon onrein verklaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die priester moet dan die aangetaste plek op die vel ondersoek: As die hare op die aangetaste plek wit geword het en dit lyk of die aantasting dieper as die vel is, dan is dit velsiekte. As die priester dit sien, moet hy hom •onrein verklaar.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die priester moet kyk na die seerplek. As die hare op die seerplek wit geword het en as dit lyk of die seerplek dieper is as die vel, dan is die seerplek melaats. Nadat die priester na die persoon gekyk het, moet hy sê dat die persoon onrein is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die dienaar van die Here moet dan na die aangetaste deel op die vel kyk. As die haartjies op die plek verkleur het en dit lyk of die seer dieper as die vel is, dan is dit ’n kwaadaardige velsiekte. Die dienaar wat dit ondersoek het, moet die man dan aansê om van die ander mense af weg te bly.