Leviticus 13:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as die ligvlek op sy plek bly en nie in die vel versprei nie, maar dit ietwat donker is; dit is 'n opgang van die brand, en die priester moet hom rein verklaar, want dit is 'n ontsteking van die brand.
Afrikaans (NLV) 2011 As die aangetaste deel nie verander of verder op die vel versprei het nie en aan die opklaar is, is dit net ’n litteken van die brand. Die priester moet so ’n persoon rein verklaar.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die ligte vlek bly waar dit is, nie in die vel versprei het nie en dof van kleur geword het, dan is dit die swelsel van die brandplek. Daarom moet die priester hom rein verklaar, want dit is die litteken van die brandplek.
Afrikaans 1983 Maar as die plek onverander bly en die ontsteking het nie in die vel versprei nie maar opgeklaar, is dit die swelsel van die brandwond. Die priester moet hom dan rein verklaar, want dit is maar net die merk van die brandwond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar as die ligte vlek dieselfde gebly het, nie in die vel versprei het nie en dof geword het, is dit die swelsel van die brandplek. Die priester moet hom rein verklaar, want dit is net die letsel van die brandwond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die seerplek nie groter geword het nie en dit is nie meer rooi nie, dan is dit die merk wat oorgebly het waar die brandplek was. Die priester moet sê die persoon is rein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die wond egter net so gebly het en die uitslag het nie verder oor die vel versprei nie, maar dit het ligter geword, is dit ’n gewone merk wat die brandwond gelaat het. Die dienaar moet die man dan terugstuur na sy mense toe, want dit is ’n gewone litteken op die brandwond.