Leviticus 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priester moet hom op die sewende dag aanskou; en as dit baie in die vel versprei is, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As hy hom na sewe dae weer ondersoek en dit blyk dat die aangetaste deel aan die einde van die periode verder op die vel versprei het, moet die priester die persoon onrein verklaar, want dit is duidelik ’n aansteeklike velsiekte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan moet die priester op die sewende dag hom bekyk. As dit werklik in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar; dit is die plaag van melaatsheid. |
| Afrikaans 1983 | Op die sewende dag moet die priester die persoon weer ondersoek. As die kwaad verder versprei het in die vel, moet die priester die persoon onrein verklaar. Dit is 'n velsiekte wat hom onrein maak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priester moet hom op die sewende dag ondersoek: As dit wel in die vel versprei het, moet die priester hom onrein verklaar. Dit is 'n geval van velsiekte. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die priester moet op die sewende dag weer na die seerplek kyk. As die seerplek groter geword het, dan moet die priester sê dat die persoon onrein is, hy is melaats. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer hy dit op die sewende dag weer ondersoek en dit het beslis verder oor die vel versprei, moet hy die man wegstuur. Dit het kwaadaardig geword. |