Leviticus 13:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar as die priester dit sien en kyk, daar is geen wit hare op die helder vlek nie, en dit is nie laer as die ander vel nie, maar ietwat donker; dan moet die priester hom sewe dae lank toesluit.
Afrikaans (NLV) 2011 As die priester ontdek daar is geen wit hare op die aangetaste deel nie, die seer niks meer as net veldiep is nie, en dat dit besig is om op te klaar, moet die priester die besmette persoon vir sewe dae onder kwarantyn sit.
Afrikaans 1933/1953 Maar as die priester dit bekyk en sien dat op die ligte vlek geen wit hare is nie, en dit nie dieper as die vel is nie en dof van kleur geword het, dan moet die priester hom sewe dae lank opsluit.
Afrikaans 1983 As die priester by sy ondersoek egter vind dat die hare op die seer nie wit geword het nie, dat die seer nie dieper is as die vel nie en dat die ontsteking opgeklaar het, moet die priester die persoon 'n week lank afsonder.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As die priester dit egter ondersoek en vind dat daar nie wit hare op die ligte vlek is nie, dat dit nie onder die vel is nie en dat dit dof geword het, moet die priester hom sewe dae lank afsonder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As die priester na die seerplek kyk, en die hare op die plek is nie wit nie, en die seerplek is nie dieper as die vel nie en dit is nie meer rooi nie, dan moet die priester die persoon sewe dae lank toesluit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As die werker by die tent na die roof kyk en hy sien nie hare wat verkleur het of dat dit onder die vel ingegaan het nie, maar dat dit tog ligter geword het, moet hy die man vir sewe dae afsonder.